Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers plunder DBV in Midrand

Drie rowers het Woensdagaand die Dierebeskermingsvereniging (DBV) se kantore in Midrand geplunder en met duisende rande se medisyne en kantoortoerusting op die vlug geslaan.

“Ek probeer nog sin te maak van al die chaos wat hulle agtergelaat het,” sê ’n verslae Pam Pretorius, bestuurder by die DBV in Midrand.

Volgens Pretorius is dit die tak se vyfde rooftog binne ’n jaar en vier maande. “Gelukkig is daar dié keer geen diere gesteel nie. Al die vorige kere is die rowers ook met ons diere hier weg. Ons het nog steeds skade gely omdat ek Woensdag juis ’n groot klomp medisyne vir die diere aangekoop het. Dit alles is nou gesteel,” sê Pretorius.

“Die skade wat die jongste rooftog veroorsaak, hou groot gevolge vir die res van die DBV se bedrywighede in, aangesien daar gereeld ’n klomp steriliserings gedoen moet word. Ons doen ’n beroep op die publiek om ons met geld te help sodat ons so gou moontlik ’n geëlektrifiseerde heining kan oprig,” sê Pretorius.

Die sekuriteitskameras by die DBV se perseel toon dat drie gewapende mans Woensdag omstreeks 20:00 die veiligheidswag oorval en vasgebind het voordat die kantore geplunder is.

“Al ons telefone en alarmstelsel is beskadig. Kaste is oopgeruk en leeggemaak van enigiets van waarde. Gelukkig kon die veiligheidswag later deur ’n venster ontsnap. Hy is aangerand, maar het nie ernstig seergekry nie,” sê Pretorius.

Meer oor:  Rowers  |  Inbraak  |  Dbv  |  Midrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.