Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers plunder juwelierswinkel in Bryanston

Die polisie in Gauteng is op soek na ses mans wat Dinsdagoggend op ’n juwelierswinkel by die Nicol Way-winkelsentrum in Bryanston in Johannesburg toegeslaan en dit beroof het.

“Die rowers, waarvan minstens twee gewapen was, het omstreeks 11:15 die winkel se vertoonvenster gebreek,” sê kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder.

Verskeie juweliersware, waaronder luukse polshorlosies, is gebuit voordat die rowers op die vlug geslaan het.

“Hulle het skote afgevuur en met twee voertuie, ’n wit Volkswagen Golf GTI en ’n wit Renault, weggejaag,” sê Makhubela.

Inkopiegangers het in ander winkels skuiling gesoek toe skote skielik begin klap het. Niemand is in die voorval beseer nie.

Makhubela het die publiek gevra om op die uitkyk te wees vir die voertuie en die polisie te kontak as hulle inligting het.

Die waarde van die gesteelde juweliersware moet nog bepaal word. Die skade aan die winkel beloop glo duisende rande.

Die polisie versoek enigiemand met inligting oor die voorval om die Stopmisdaadnommer, 08600 10111, te skakel.

Meer oor:  Bryanston  |  Juwelierswinkel  |  Plunder  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.