Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers ry met veiligheidswagte weg

Drie veiligheidswagte is aangehou toe hulle Dinsdagoggend gewapende mans se plan om by die Alberton-leefstylsentrum aan die Oos-Rand in te breek, in die wiele gery het.

Volgens Charl van der Merwe, besturende direkteur van die veiligheidsmaatskappy Graphite Security, het die veiligheidswagte die nagskof gewerk. Die  rowers het kort voor 05:00 met toerusting aangekom om by die sentrum in te breek.

“Dit is onbekend by watter winkel hulle wou inbreek. Een van die veiligheidswagte het ’n paniekknoppie gedruk en toe die rowers dit besef, het hulle die veiligheidswagte in hul wegkommotor gedwing en met hulle weggery,” sê Van der Merwe.

Die polisie kan min doen aan baie van die oorsake van misdaad in Suid-Afrika omdat dit maatskaplik-ekonomies van aard is. Foto: Argief

Volgens hom het ’n plaaslike veiligheidsmaatskappy gereageer, maar die rowers was te vinnig vir hulle.

Van der Merwe sê hy kan nie sê in watter motor hulle gevlug het nie, maar kan bevestig dat dit ’n swart nutsvoertuig was.

“Die veiligheidswagte is tussen die M3- en die M17-hoofweg na Springs afgelaai. Dit is nie ver van die sentrum af nie en die veiligheidswagte kon dus teruggestap,” sê Van der Merwe.

Een van die veiligheidswagte is met ’n vuurwapen oor die kop geslaan toe die rowers besef het dat hy probeer om hul registrasienommer te memoriseer. Die ander twee veiligheidswagte is nie beseer nie en volgens Van der Merwe is die beseerde wag nie ernstig beseer nie.

Hy sê omdat die verdagtes nog nie in hegtenis geneem is nie, kan hy nie die veiligheidswagte se name bekend maak nie.

Volgens hom is die saak by die polisie aangemeld.

Kapt. Manare Ramotshela, polisiewoordvoerder in Alberton, sê hy is nie bewus van die voorval nie en dat die polisie dit nie ondersoek nie.

Meer oor:  Alberton  |  Veiligheidswagte  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.