Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers teiken geldwa in Mpumalanga

Die polisie in Mpumalanga soek na tussen tien en 15 swaar gewapende rowers wat Woensdag in twee voertuie op ’n gepantserde geldwa buite Mbombela (Nelspruit) toegesak het.

Kol. Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder, sê van die rowers was in ’n silwer BMW 3-reeks en die res was agterop ’n wit Toyota-enkelkajuitbakkie terwyl hul makkers die bakkie bestuur het.

Hulle het die geldwa op die pad na Sidlamafa van die pad af probeer dwing, maar die bestuurder het weggejaag.

Die geldwa het toe met ’n ander voertuig gebots. Twee mense is lig beseer in dié ongeluk.

Bhembe sê transitorooftogte is landwyd ’n probleem en die polisie in al die provinsies werk saam om dit te stuit.

Die rowers het die geldwa nogtans agternasit, van die pad af gedruk, die veiligheidswagte uitgepluk en die geldwa se sleutels gevat.

Die polisie is intussen in kennis gestel van die poging om die geldwa te beroof.

Bhembe sê die polisie was nog op pad na die toneel toe die rowers gevlug het. “Hulle het nie tyd gehad om die geldwa oop te skiet nie.” Die rowers het sonder geld gevlug. Die veiligheidswagte is nie beseer nie.

’n Soektog na die groep swaar gewapende aanvallers is aan die gang. Van hulle was glo met AK47-aansvalsgewere gewapen.

Bhembe sê transitorooftogte is landwyd ’n probleem en die polisie in al die provinsies werk saam om dit te stuit.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Mbombela (Nelspruit)  |  Geldwa  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.