Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers skiet bejaarde man, buit kontant

’n Man is Maandag by die Vangate-winkelsentrum in Athlone, Kaapstad, raakgeskiet en glo deur drie verdagtes beroof.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het by navraag die voorval bevestig en gesê dit het omstreeks 08:45 op Heideveldweg, langs die sentrum, plaasgevind.

“Drie verdagtes het die 75-jarige slagoffer in ’n groen Hyundai agtervolg en het hom raakgeskiet.”

Rwexana sê die verdagtes het met ’n onbekende bedrag kontant gevlug.

Sy sê die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord en roof.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die bestuur van die winkelsentrumbestuur het Maandagmiddag by navraag gesê hulle kan nie in die stadium inligting oor die voorval bekend maak nie.

Meer oor:  Kaapstad  |  Rooftog  |  Bejaarde Man
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.