Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers skiet gesin se boerboel, dreig 3-jarige

’n Groep gewapende rowers het ’n gesin van Tongaat, noord van Durban, se hond doodgeskiet en gedreig om ook hul driejarige seuntjie te skiet.

Reaction Unit South-Africa, ’n veiligheidsmaatskappy in KwaZulu-Natal, sê ’n vrou het omstreeks 08:00 gebel en gesê daar is ’n rooftog by ’n snoepwinkel en skote word geskiet.

Toe beamptes daar aankom, het hulle gehoor twee gewapende mans het die winkel beroof, terwyl twee ander by die eienaar se huis op dieselfde eiendom ingekom het.

Die mans het gedreig om die man se driejarige seuntjie te skiet as die familie nie hul waardevolle items oorhandig nie, sê Reaction Unit in die verklaring.

“Nadat hulle kontant en juweliersware gesteel het, is die rowers daar weg. Hulle het die gesin se boerboel, wat vir hulle geblaf het, doodgeskiet.”

Hulle het in ’n silwergrys Honda Ballade gevlug. Beamptes het ’n 9 mm-patroon op die toneel gevind.

Meer oor:  Tongaat  |  Rowers  |  Dreig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.