Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers skiet man dood by spazawinkel

Die polisie in Uitenhage in die Oos-Kaap ondersoek die moord op ’n man wat Woensdag in ’n gewapende rooftog by ’n spazawinkel in die Kamesh-omgewing doodgeskiet is.

Volgens sers. Majola Nkohli, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, het drie mans omstreeks 19:30 die spazawinkel in Tambo-singel in Kamesh ingestorm en die winkeleienaar met vuurwapens aangehou.

“ ’n Omstander, die 31-jarige Ibrahim Mizinga, is tydens die rooftog deur een van die verdagtes doodgeskiet. Die verdagtes het ’n onbekende bedrag kontant, sigarette en bewyse vir lugtyd gesteel voordat hulle op die vlug geslaan het. Dit is onbekend of die verdagtes met ’n motor of te voet gevlug het.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” sê Nkohli.

Enigiemand met inligting oor dié voorval kan die ondersoekbeampte, speursers. Bennie van Wyk by 071 475 1946 bel of Stop Misdaad by 08600 10111.

Meer oor:  Uitenhage  |  Oos-Kaap  |  Gewapende Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.