Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers skiet op bakkie by Bfn, roof geld

Twee mense van Petrusburg in die Vrystaat is Saterdag buite Bloemfontein gewond toe rowers in die ry met aanvalsgewere op hul bakkie geskiet het.

Een van die beseerdes is ’n 40-jarige Ethiopiër wat ’n taverne in die Bolokanang-woonbuurt in Petrusburg bestuur. Die 35-jarige bestuurder van die bakkie is ook gewond terwyl die ander passasier, ’n 24-jarige vrou, ongedeerd is.

Albei die beseerdes is na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein geneem.

Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê die bakkie was op pad na Bloemfontein toe die insittendes van ’n maroen Hyundai-motor net buite die stad op hulle losgebrand het. Die bakkie het sowat 500 m van waar die skietery begin het, tot stilstand gekom, waarna twee mans uit die motor gespring en ’n onbekende bedrag geld en ’n selfoon uit die bakkie geroof het. Hulle het daarna weggejaag.

Die bestuurder van die bakkie is in albei sy arms gewond terwyl die Ethiopiese burger in die maag en regterarm getref is.

Volgens Covane is dit onseker wat die mense met die geld in Bloemfontein kom maak het. Die vermoede bestaan dat die rowers geweet het die mense het geld by hulle.

Die polisie, nooddienste en veiligheidsmaatskappye het op die rooftog gereageer. Die aanvallers en hul motor word egter steeds gesoek.

Die polisie ondersoek sake van poging tot moord en gewapende roof.

Meer oor:  Vrystaat  |  Petrusburg  |  Rooftog Gewondes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.