Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers skiet wag wat vragmotor begelei in PE dood

’n Veiligheidswag is Dinsdagoggend in Port Elizabeth doodgeskiet, vermoedelik om sy vuurwapen by hom te roof.

Volgens die polisie het die voorval omstreeks 11:00 in Mekestraat, Kwazakhele, gebeur.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê die vermoede is tans dat die moordenaars die wag, Eric Minnie (44), aangeval het om sy vuurwapen te roof. Die wag was egter nie gewapen nie.

Beetge sê die twee aanvallers het blykbaar vroeër die oggend in ’n taxi na die Boxer-winkel in Njoli gery. Hier het hulle glo ’n taxibestuurder met vuurwapens gedreig en aangesê om ’n Toyota Etios-motor te agtervolg.

Minnie het die Etios bestuur om ’n vragmotor te vergesel.

Volgens Beetge het die taxibestuurder Minnie se motor tot in Mekestraat agtervolg, waarna die twee aanvallers uit die taxi gespring en skote op die Etios geskiet het.

“Die wag is uit sy motor gepluk en doodgeskiet,” sê Beetge.

Die aanvallers het weggehardloop sonder om enigiets te steel.

’n Saak van moord word ondersoek en niemand is nog aangekeer nie.

Meer oor:  Veiligheidswag  |  Skietery  |  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.