Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers tref Hartbeespoort 3 keer binne 2 uur

’n Plaaswerker in die Hartbeespoort-omgewing is geskiet en nog twee mense aangerand en beroof in drie afsonderlike aanvalle kort ná mekaar Maandagaand.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê Frans Seraki (50) is in die eerste voorval om 21:05 verskeie kere op ’n hoewe in die Skeerpoort-omgewing geskiet. Dit was teen Woensdagoggend nog nie duidelik hoe ernstig hy beseer is nie, maar volgens Myburgh word hy in ’n hospitaal behandel.

“Seraki en sy vrou het gelê en slaap toe hulle wakker word van ’n venster in hul huis wat breek. Daar was toe ’n geskree en nog ’n venster is gebreek. Een van vermoedelik vier aanvallers het Seraki verskeie kere geskiet.”

Myburgh sê die eienaar van die hoewe het wakker geword van die skote en Seraki dadelik gebel. “Die aanvallers het waarskynlik geskrik toe hulle die foon hoor lui en gevlug sonder om iets te steel. Ons ondersoek ’n saak van poging tot moord.”

aanvalle, hartebeespoort

Vermoedelik dieselfde groep aanvallers het sowat twee uur later, om 23:00, op ’n plaas in die Skeerpoort-omgewing toegeslaan. Volgens Myburgh word daar nie op dié plaas geboer nie.

Grace Ngobeni (55) en haar seun was in hul huis op die plaas toe hulle geluide buite en ’n geklop aan hul deur hoor.

“Die kloppers het aan haar gesê hulle soek na iemand, en het hierna die deur probeer oopdwing. Ngobeni het uit vrees die deur oopgemaak. Sy het drie verdagtes gesien. Een het ’n vuurwapen gehad en een ’n mes.”

Die aanvallers het haar hardhandig behandel en lig aangerand. Hulle het geld gevra. Ngobeni het die geld wat sy by haar gehad het en haar selfoon aan die rowers oorhandig voordat hulle gevlug het.

Myburgh sê vermoedelik dieselfde groep aanvallers het

15 minute later moles gemaak by Obet Ngwenya (30) se huis op dieselfde plaas.

“Hy het wakker geword toe hy voetstappe op die huis se dak hoor. Die volgende oomblik het hy gesien hoe iemand ’n vuurwapen deur die dak druk en op hom rig. Die persoon het hom aangesê om die huis se deur oop te maak. Toe hy dit doen, het nog twee rowers ingekom, hom ook aangerand en beroof van sy selfoon, geld, klere en koeldrank wat in die huis was.”

Die polisie ondersoek sake van huisroof in verband met die twee voorvalle op die plaas. Niemand is teen laat Woensdagoggend al in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Hartbeespoort  |  Rowers  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.