Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers slaan man (88) op hoewe met hamer
WAARSKUWING: Hierdie berig bevat foto's wat sommige lesers mag ontstel.

“Hulle het die oom oraloor met ’n hamer geslaan, maar hy is sterk en sal hierdeur kom.”

Dié motorfiets, wat in Pienaar se skuur gestaan het, is teruggevind.

So sê Jan Smith, ’n VF Plus-raadslid van Brits, oor die 88-jarige Boet Pienaar wat in die vroeë oggendure van Donderdag met ’n hamer op sy kleinhoewe in Barnardsvlei in die Mooinooi-omgewing deur rowers aangeval is. Pienaar se vriendin, Jessie Lewis (57), is ook in die aanval beseer. Albei is met veelvuldige beserings in die distrikshospitaal in Brits opgeneem. Pienaar het kop, arm-en beenbeserings opgedoen en Lewis kopbeserings.

Volgens Smith het Pienaar die veiligheidsgroep in sy omgewing Woensdagaand na sy kleinhoewe ontbied om die plek van hoek tot kant te deursoek.

“Hy het duidelik onraad vermoed, maar hulle kon niks vind nie. Vroeg Donderdagoggend het die rowers toegeslaan terwyl hulle geslaap het. Hulle is erg aangerand. Die rowers het die oom met ’n hamer geslaan en wou hom ook met ’n serp verwurg. Hulle is vasgebind, waarna die rowers in ’n bakkie van die toneel gevlug het.”

Smith sê dit is die tweede keer dat Pienaar aangeval word. “Die gemeenskap in dié omgewing is keelvol vir die sinnelose en wrede aanvalle wat nou hand uitruk. Die

Die bakkie waarmee die rowers gevlug het, is later op ’n buurplaas gevind.

polisie moet hul werk doen en die skuldiges so gou as moontlik opspoor.”

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes, het die voorval bevestig en gesê die rowers is nog op vrye voet.

“Die voorval het omstreeks 00:30 Donderdagoggend gebeur. Die rowers het geld en vuurwapens geëis. Hulle het met selfone, ’n tweerigtingradio, ’n motorfiets, ’n .243-geweer en sonpanele in ’n wit Toyota-bakkie gevlug. Die bakkie is op ’n buurplaas gevind. Al die items is teruggevind, behalwe die vuurwapen.”

Die polisie vermoed die bakkie is vroeër gekaap.

Klagte van poging tot moord en huisbraak word ondersoek.

Die 88-jarige Boet Pienaar wat op sy kleinhoewe naby Mooinooi in Noordwes met ’n hamer aangeval is.
Boet Pienaar (88) in die hospitaal.
Boet Pienaar (88) in die hospitaal kort ná die aanval op hom en sy vriendin.
Jessie Lewis (57), Pienaar se vriendin, is ook aangerand.
Meer oor:  Jan Smith  |  Boet Pienaar  |  Jessie Lewis  |  Barnardsvlei  |  Mooinooi  |  Hoewe-Aanval  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.