Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers slaan toe by sentrum in Goodwood

Vier gewapende rowers het Sondag toegeslaan by Foschini in die N1 Stad-winkelsentrum in Goodwood, Kaapstad, en selfone gebuit.

Andrea van Rensburg, bemarkingsbestuurder by die winkelsentrum, sê in ’n verklaring die rooftog het omstreeks 13:18 plaasgevind en die polisie is ontbied.

“Niemand is in die voorval beseer nie, maar geen verdere inligting mag in dié stadium bekend gemaak word nie omdat die ondersoek nog aan die gang is,” sê Van Rensburg.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die saak is by die polisiekantoor in Goodwood aangemeld en word ondersoek.

“Volgens berigte het die gewapende mans die besigheid binnegekom en die personeel met vuurwapens gedreig.”

Hulle het selfone gebuit en gevlug.

Meer oor:  Goodwood  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Selfone  |  Winkelsentrum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.