Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers slaan toe op Ackermans in Hennenman

Gewapende rowers het Sondag in Hennenman op die Ackermans-winkel toegeslaan en 200 selfone, ’n onbekende getal dekodeerders en kontant gebuit.

Kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê ’n man het die winkel omstreeks 12:45 binnegestap. Vier ander het hom kort daarna gevolg.

Een van die mans het ’n vuurwapen op die werknemers gerig en hulle beveel om na die agterkant van die winkel te gaan. Al die werkers is met kabelbinders vasgebind.

Khosana sê die winkelbestuurder is beveel om ’n vertrek oop te sluit waar al die selfone geberg word.

Die rowers het die selfone, geld uit die kasregisters en die dekodeerders gevat voordat hulle uit die winkel padgegee het.

Een van die werkers het haarself bevry en hulp ontbied.

Khosana sê dit is nie seker watter soort voertuig in die rooftog gebruik is nie.

Gewapende rooftogte by ondernemings in Hennenman het in die 2018-’19-boekjaar van vier na nege gestyg, ’n toename van 125%.

Meer oor:  Ackermans  |  Hennenman  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Selfone  |  Roof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.