Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers slaan toe op dierekliniek in Khayelitsha

Die Mdzananda-dierekliniek in Khayelitsha is Donderdag deur twee gewapende mans beroof terwyl ’n derde verdagte buite wag gehou het. Die kliniek het op hul Facebook-webblad gesê daar was vier vroue ten tyde van die rooftog in die kantoor en hulle is almal in ’n kantoor toegesluit voordat die rowers gevlug het.

“Hulle het ’n vuurwapen gewys en gevra waar die geld is. Ons geld is gewoonlik veilig weggesluit, maar hulle het op een of ander manier geweet dat ons pas die geld getel het en dat ons op die punt was om die geld te gaan bank,” is in die Facebook-plasing gesê.

Volgens die werknemers is ’n aansienlike bedrag geld geroof en het dit ook skenkings ingesluit.

“Hulle het ingekom, die geld gevat en probeer om ons skootrekenaars en selfone te vat. Ons persoonlike geld en ons motorsleutels is ook gevat.”

Een van die rowers was simpatiek teenoor hul pleidooi om die skootrekenaars te los omdat al die kliniek se werk daarop gestoor is, het een werknemer gesê.

Die voorval volg nadat die kliniek se mobiele-kliniek se bestuurder verlede week ook met ’n vuurwapen gedreig en beroof is.

Die dierekliniek het ’n beroep gedoen op enige skenkings om te help dek wat van hulle geroof is.

(https://www.facebook.com/401763103173569/posts/2461619033854622/)

(https://twitter.com/mdzananda/status/1060510739700563969)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.