Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers slaan toe op winkel in Cape Gate

’n Gewapende rooftog is Woensdagaand by die Cape Gate-winkelsentrum in Kaapstad se noordelike voorstede uitgevoer.

Volgens inligting het ses rowers na bewering omstreeks 18:40 met 9 mm-pistole die Foschini-klerewinkel, wat tussen Markhams en American Swiss geleë is, binnegekom en ’n werknemer gyselaar gehou.

Al die winkels is glo onmiddellik gesluit en alle uitgange na die sentrum is versper.

Die verdagtes het met ’n swart Nissan Navara met vervalste nommerplate by die sentrum aangekom.

Teen 20:30 was die polisie en veiligheidsdienste steeds op die toneel om die situasie te probeer ontlont.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.