Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers slaan toe op winkels in Oakdene en Westonaria

Gewapende rowers het Maandagoggend op twee winkels in Gauteng toegeslaan.

Een van die voorvalle was by Shoprite in Westonaria. Die polisie het drie verdagtes in hegtenis geneem en twee van hul makkers is steeds soek.

Die Shoprite-groep het Maandagmiddag die rooftog bevestig en gesê dit het gebeur voordat die winkel oopgemaak het.

Die groep het by navraag gesê ’n private veiligheidsmaatskappy en die polisie het vinnig gereageer.

“Ons veroordeel misdaad wat teen ons winkels gepleeg word, wat uiteindelik die lewensbestaan van ons werknemers en dikwels ook hul lewens en veiligheid in gevaar stel,” lui die verklaring.

Toe die polisie op die toneel aankom, was vier van verdagtes op die winkel se dak. Die verdagtes het op die polisie gevuur en ’n oor-en-weer-skietery het gevolg.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes is met ’n ongelisensieerde vuurwapen in hul besit in hegtenis geneem.

Volgens Masondo het die vyf ’n onbekende bedrag geld, sigarette en selfone gebuit.

“Toe die polisie op die toneel aankom, was vier van verdagtes op die winkel se dak. Die verdagtes het op die polisie gevuur en ’n oor-en-weer-skietery het gevolg.”

Masondo sê niemand is in die rooftog of die daaropvolgende skietery beseer nie.

’n Saak van roof, poging tot moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen word ondersoek.

Die polisie het intussen ook ’n soektog begin na tien rowers wat ’n juwelierswinkel in die Glen-winkelsentrum in die suide van Johannesburg beroof het.

Die distrikskommissaris van die polisie in Johannesburg, maj.genl. Max Masha, het beveel dat die maksimum bronne in die ondersoek ingespan word, lui ’n verklaring deur die polisie.

Dit blyk dat drie gewapende rowers ingestorm het by die winkel kort nadat dit oopgemaak het. Nog sewe ander het hulle by die drie aangesluit. Die werknemers is in ’n kamer toegesluit en die verdagtes het met juweliersware gevlug. Die waarde moet nog vasgestel word.

Geen skote is in die winkel afgevuur nie, maar die rowers, wat in ’n wit Ford Figo en ’n Nissan Qashqai gevlug het, het glo op sekerheidsbeamptes geskiet.

Niemand is beseer nie.

Enigiemand met inligting word gevra om die polisie se Stop Misdaad-nommer, 08600 10111, te skakel.


Meer oor:  Rowers  |  Westonaria  |  Winkels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.