Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers stamp fietsryer, buit fiets van R150 000

’n Fietsryer (46) van Port Elizabeth is in Walmer van sy bergfiets, wat meer as R150 000 werd is, beroof.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die rooftog het Saterdag om 06:10 in Victoria Road in Walmer plaasgevind.

Volgens Janse van Rensburg was die fietsryer alleen in die rigting van Marine Drive, Schoenmakerskop onderweg toe hy twee drawwers opgemerk het.

Toe hy verby die drawwers ry, het die mans hom van sy fiets afgestoot.

Hy is van sy rooi en swart Specialized S-Works-bergfiets, ’n Garmin-horlosie, sy fiets se lig en ’n paar bergfietsskoene beroof. Hy het na die naaste polisiekantoor gestap waar hy die rooftog aangemeld het.

“Hy het geringe beserings aan sy arms opgedoen,” het Janse van Rensburg gesê.

Speurders van die Walmer-polisiekantoor het ’n beroep gedoen op die handelaars van tweedehandse winkels en die gemeenskap om op die uitkyk te wees vir enigeen wat die gesteelde items probeer verkoop.

Enigeen met inligting kan lt.kol. Melody Oranje bel by 082 441 8505, of die polisie se teenmisdaadnommer by 08600 10111.

Mense kan ook hul naaste polisiekantoor besoek. Alle inligting word vertroulik hanteer.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Polisie  |  Diefstal  |  Fiets  |  Fietsryer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.