Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers steek hond dood, beroof bejaarde

Twee rowers het vroeg Woensdagoggend glo ’n hond in ’n erf in Port Elizabeth doodgesteek, vermoedelik om toegang tot ’n 83-jarige vrou se woonstel te kry.

Die bejaarde vrou is omstreeks 00:45 in haar woonstel in Sentraal deur twee mans oorrompel.

Volgens ao. Alwin Labans, polisiewoordvoerder, het die twee mans die vrou se voete en hande met lappe vasgebind. Die vrou is hierna gewurg en aangerand.

Die vrou het haar bewussyn tydens die aanranding verloor, sê Labans.

Toe sy weer bykom, het sy gesien dat haar televisiestel, handsak en selfoon gesteel is.

Die vrou het haar seun, wat in die hoofhuis voor die woonstel woon, geroep, waarna sy in ’n plaaslike hospitaal opgeneem is.

Die hond wat in die erf tussen die woonstel en die huis was, is met steekwonde dood aangetref.

Niemand is nog aangekeer nie.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Hond  |  Bejaarde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.