Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers steel graafmasjien van 60 t

Rowers het Maandag in die vroeë oggendure ’n graafmasjien van 60 ton in “ ’n goed beplande rooftog” by ’n sandmyn op ’n plaas by Hobhouse in die Vrystaat geroof en stadig daarmee deur die Caledonrivier na Lesotho gery.

Die vier rowers, van wie een glo gewapen was, het ook ’n laaigraaf van R2 miljoen probeer steel en het die grondwerktuig op soek na die opsporingstelsel van binne erg verniel. Toe hulle dit nie kon kry nie, het hulle dit gelos.

Rowers het Maandagoggend dié graafmasjien by ’n sandmyn in Hobhouse in die Vrystaat gesteel en daarmee deur die Caledonrivier, tussen Suid-Afrika en Lesotho, gery.

PC Hugo, eienaar van Hugo & Seun-sand-en-steen-vervoer, sê die rowers het sy twee werkers in die oggendure op die plaas De Pan met vuurwapens gedreig en hulle vasgebind. Hulle het daarna die graafmasjien van R1 miljoen gesteel en daarmee deur die rivier, wat Suid-Afrika en Lesotho skei, gery.

Hoewel die werkers erg geskok is, is hulle nie beseer nie.

Volgens Hugo is die voorval eers omstreeks 07:00 ontdek toe ’n voorman op die perseel opdaag.

“Die ouens het toe reeds ’n voorsprong van sowat agt uur gehad om met die masjien oor die berg te ry. Die ding ry stadig, maar in daardie tyd kan dit nogal ’n ent ry. Ons werk teen die Caledonrivier en myn al amper twee jaar hier,” sê hy.

“Dit is die eerste keer dat dit met my gebeur en ek is al 25 jaar in die bedryf. Ek het nooit gedink hulle sal so ’n groot masjien steel nie. Die misdaad is rof teen die grens. Die boere loop erg deur en is negatief. Ek is ook nou negatief.”

Volgens Hugo was die rowers goed georganiseerd en het hulle die voorval goed beplan. Hy vermoed ook die rowers moes hulle dopgehou het.

“Die polisie van Hobhouse was nie baie behulpsaam nie. My voorman het nie hulp gekry nie. Ek moes ander mense op Ladybrand bel, wat weer ander mense gebel het. ’n Man by Ladybrand se motor-en-veediefstaleenheid het my gehelp met ’n polisiebeampte in Lesotho, maar dit het te lank gevat, toe ry ek self Lesotho toe en het ’n speurder ontmoet wat my gaan help. Hy het reeds foto’s gestuur van my masjien wat op ’n vragmotor gelaai is,” sê Hugo.

Volgens hom hoop hy nou die beampte, wat gevra het vir kenmerke aan sy grondwerktuig, sal hom kan help om dit op te spoor en terug te besorg.

“Die versekering gaan my nie ’n nuwe masjien kan laat koop nie. Ek hoop om my masjien terug te kry. Dit is baie geld om af te skryf. Omdat ek so afhanklik is van die masjien, onderhou ek hom goed. Dit is dus ’n groot verlies.”

Sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, sê geen klag is ingedien nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.