Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers teiken een spazawinkel na die ander

Vyf winkels is die naweek in Wolseley naby Paarl in die Wes-Kaap deur ’n gewapende bende beroof.

Ao. Julian Plaatjies, polisiewoordvoerder, sê die sakerooftogte is oor ’n tydperk van 24 uur tussen Sondag- en Maandagaand in die Pine Valley-buurt uitgevoer.

Die polisie vermoed een bende is by al vyf rooftogte betrokke.

“Gewapende rowers het Sondagaand omstreeks 21:25 by die eerste spazawinkel aangekom en die eienaar met ’n mes aangehou. Hulle het twee selfone en omtrent R3 000 kontant gesteel,” sê Plaatjies.

Hy sê een van die verdagtes het ook ’n vuurwapen by hom gehad, maar geen skote is tydens die rooftog afgevuur nie. Die verdagtes het toe te voet gevlug.

Plaatjies sê drie onbekende verdagtes het kort daarna nog ’n spazawinkel in dieselfde buurt beroof.

Ses verdagtes het toegang tot die winkel gekry. Een van die verdagtes het ’n vuurwapen gehad.

Een van die verdagtes het ’n mes gehad, terwyl die ander twee vuurwapens by hulle gehad het.

“Die winkeleienaar moes op die vloer lê, terwyl die verdagtes ’n selfoon asook R3 000 gesteel het. Hulle het nie enige skote afgevuur nie en het ook te voet van die toneel gevlug,” sê Plaatjies.

Plaatjies sê ’n derde spazawinkel in dieselfde omgewing is Maandag omstreeks 15:30 beroof.

Ses verdagtes het toegang tot die winkel gekry. Een van die verdagtes het ’n vuurwapen gehad.

“Die mense in die winkel is vasgebind en gedwing om op die vloer te lê, en een van hulle het ’n steekwond op sy arm opgedoen.”

Hy sê die verdagtes het lugtyd ter waarde van R1 600, agt kartondose vol sigarette en kontant ter waarde van R8 000 gesteel.

Nóg twee spazawinkels is omstreeks 20:00 die aand beroof.

Plaatjies sê vier verdagtes het ’n spazawinkel beroof wat ook die Sondag geteiken is.

“Die vier verdagtes het toegang tot die spazawinkel gekry wat Sondag ook beroof is. Een van die verdagtes het ’n vuurwapen gehad, terwyl al die verdagtes maskers gedra het. Dié keer het die rowers R1 000 gebuit, waarna hulle te voet gevlug het,” sê Plaatjies.

Nóg ’n spazawinkel is minute later beroof toe ses verdagtes met maskers toegang tot die winkel verkry het.

“Die verdagtes het almal maskers gedra, terwyl een van hulle ’n vuurwapen by hom gehad het. Hulle het R2 500 in kontant gesteel, sowel as ’n Samsung-selfoon voordat hulle te voet van die toneel gevlug het.”

Plaatjies sê niemand is nog in verband met die vyf sakerooftogte in hegtenis geneem nie en het ’n beroep op enigiemand wat inligting het, gedoen om na vore te kom.

Die Wolseley-polisie vermoed dat die rooftogte deur dieselfde verdagtes uitgevoer is.

Enigiemand met inligting kan die polisie se 10111-noodnommer skakel.

Meer oor:  Wolseley  |  Wes-Kaap  |  Paarl  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.