Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rower vas wat vulstasies in Jhb teiken

Die polisie in Johannesburg het toegeslaan op ’n bende wat glo betrokke was by verskeie rooftogte by vulstasies in die stad.

Die vermeende rowers se motor waar dit in ’n sloot beland het.Foto: Verskaf

Een verdagte is Woensdag in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op ’n ongelisensieerde vuurwapen, ammunisie, selfone, sigarette en kontant.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, sê die polisie het opgetree nadat vulstasies in Booysens, Mondeor, Randburg en Norwood die afgelope tyd deur gewapende rowers geteiken is. Die mees onlangse voorval was in Edenvale aan die Oos-Rand.

Al die rooftogte het vandeesmaand plaasgevind.

Volgens Peters het die polisie in samewerking met Tracker Woensdag ’n deurbraak in hul ondersoek gemaak.

Die ondersoekspan het die oggend ’n verdagte wit Chevrolet Cruze op die N12-wes naby die Diepkloof-afrit opgemerk kort nadat ’n vulstasie in Edenvale beroof is.

Peters sê ’n jaagtog het gevolg en die verdagtes in die Chevrolet het op die polisie geskiet.

Die polisie het teruggeskiet en die bestuurder van die voertuig het beheer daaroor verloor, waarna dit in ’n sloot beland het.

Drie van die verdagtes het weggehardloop. Een van hul makkers is in die skietery gewond en is in hegtenis geneem.

Die polisie het vasgestel dat die rowers se motor in April in Umlazi in KwaZulu-Natal gekaap is.

Daar sal ballistiese toetse gedoen word op die vuurwapen waarop die polisie beslag gelê het om vas te stel of dit ook in ander misdade gebruik is.

Die ander rowers is nog op vrye voet.

Meer oor:  Johannesburg  |  Rowers  |  Polisie  |  Misdaad  |  Vulstasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.