Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers verkrag tienermeisie op plaas

’n 17-jarige meisie is Maandagoggend verkrag tydens ’n plaasaanval net buite Fochville in Gauteng.

Volgens ’n polisieverklaring het ’n man (55) en sy 17-jarige dogter om 05:30 die huis op die plaas verlaat om skool toe te ry, toe vyf mans hulle oorrompel het.

Die groep het die man en sy dogter terug in die huis gedwing, waarna die man verskeie keer oor die kop geslaan is.

Volgens die polisie is die tienermeisie verkrag voordat die groep met ’n silwergrys Ford Ranger-bakkie, vuurwapens en ander huisitems gevlug het.

Die man en sy dogter is na ’n plaaslike hospitaal geneem en is later die dag ontslaan.

Volgens ’n bron het die man, wie se naam aan Netwerk24 bekend is, maar nie genoem word nie om die dogter se identiteit te beskerm, verskeie steke aan sy kop gekry.

Genl.maj. PF Kekana, distrikskommissaris in die Wes-Rand-distrik, het in ’n verklaring gesê die polisie se distrik triomisdaad-taakspan ondersoek sake van huisroof, verkragting en poging tot moord.

Volgens die polisie is die slagoffer se leë Ford-bakkie later die dag by die Zenzele-nedersetting buite Daveyton gevind.

Kekana vra enigeen met inligting oor die saak om die Westonaria-polisiekantoor te bel by 011 278 5321 of 10111.

Meer oor:  Gauteng  |  Fockville  |  Plaasaanvalle  |  Misdaad  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.