Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers wat deel van man se oor afsny, steeds soek

Die polisie is steeds op soek na die rowers wat Johan du Plessis (66) se regteroor gedeeltelik afgesny het tydens ’n hoewe-aanval begin vandeesmaand naby Hartbeespoort in Noordwes.

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in die provinsie, het Sondag gesê Du Plessis is vermoedelik omstreeks 02:00 in sy huis oorval. Twee rowers het hom met ’n mes aangehou, hom verskeie kere gesteek, geskop en ook ’n stuk van sy oor afgesny. Hulle het van die toneel gevlug met ’n onbekende bedrag kontant, selfone, twee vuurwapens en twee jaggewere. Die jaggewere is nie ver van die hoewe nie gevind.

Du Plessis is na die Life Eugene Marais-hospitaal in Pretoria geneem.

Daar kon nie vasgestel word wat sy toestand Sondag was nie.

Johan du Plessis, werkgewer en naamgenoot van die slagoffer, het die dag ná die aanval aan Werner Beukes gesê Johan sr. werk die afgelope twee en ’n half jaar as drywer vir hom.

Du Plessis en sy seun, Dewald, het onraad vermoed toe die pligsgetroue Johan nie op Dinsdag 3 Desember vir werk opdaag nie. Hulle is na die bejaarde man se huis, waar hulle hom in ’n plas bloed en pimpel en pers geslaan, aangetref het. Sy linkerknie was glo ook gebreek.

Du Plessis het gesê Johan is ’n alleenloper wat ’n kluisenaarsbestaan op die kleinhoewe voer.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof, het Funani gesê.

Meer oor:  Noordwes  |  Hartbeespoort  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.