Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers wat stokvel-geld gryp vinnig aangekeer

’n Oplettende lid van die gemeenskap het in Port Elizabeth gehelp om twee mans, wat na bewering ’n groot bedrag stokvelgeld geroof het, vas te trek.

Die twee van 27 en 28 jaar oud is Sondagoggend met die geld in hul besit in die NU-12-gebied in Motherwell vasgetrek.

Die geld is glo minute tevore in ’n huis in Ntsanyana-straat geroof terwyl lede van ’n stokvelklub besig was om die bydraes te tel, het kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, gesê.

Twee gewapende mans het glo die motorhuis se deur oopgemaak en na die geldsak gegryp. Die rowers het ’n vrou geskop wat aan die geldsak probeer vasklou het, terwyl nog iemand met ’n pistool geslaan is.

Die rowers het in ’n Toyota Avanza weggejaag.

’n Gemeenskapslid wat die voorval gesien gebeur het, het onmiddellik die polisie gebel en ’n deeglike beskrywing van die motor gegee terwyl hy die rowers op ’n veilige afstand agtervolg het.

Swart sê dit is onduidelik presies van waar die gemeenskapslid die voorval gesien gebeur het, maar hy meen hy het ’n uitstekende beskrywing van die rowers se motor aan die polisie verskaf.

Die polisie die motor kort daarna in NU-12 voorgekeer en die gesteelde geld by die mans gevind.

Die verdagtes sal binnekort in die landdroshof in Motherwell op ’n aanklag van huisroof verskyn.

Die polisie het in reaksie op die rooftog weer ’n versoek gerig aan lede van stokvels om eerder van aanlyn bankgeriewe as kontant gebruik te maak sodat dié voorvalle voorkom kan word.

Meer oor:  Motherwell  |  Stokvel  |  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.