Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers skiet swanger vrou se ongebore baba dood

’n Swanger vrou is Woensdagmiddag drie keer geskiet deur mans wat haar selfoon geëis het.

Die polisie in Bethelsdorp in die Oos-Kaap ondersoek nou ’n saak van poging tot moord.

Die vrou, wie se naam nie bekend gemaak is nie, is drie keer geskiet en is ná die voorval na ’n plaaslike hospitaal geneem en word daar in die hoësorgeenheid behandel.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het Donderdagoggend bevestig die vrou se ongebore baba is in die voorval dood.

Die vrou, wat ses maande swanger was, is Woensdagmiddag omstreeks 13:20 in Des Demonia-slot in Booysenspark deur drie verdagtes genader.

“Hulle het glo daarop aangedring dat sy haar selfoon vir hulle gee, terwyl een van die verdagtes skote na haar geskiet het,” sê Naidu.

Sy sê die vrou is in haar maag, linkerdy en regterarm geskiet voordat die verdagtes gevlug het.

Die polisieis nog nie seker of die rowers die vrou se selfoon gevat het nie. Naidu sê die motief agter die skietery moet dus nog bevestig word.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Bethelsdorp  |  Swanger Vrou  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.