Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers wond studente, kom terug om klaar te steel

Twee Tukkiestudente is gewond toe plaasrowers Maandag naby Cullinan toegeslaan het.

Jacques du Toit, die uitvoerende hoof van Vox Telekom en die eienaar van die plaas waar die voorvalle plaasgevind het.

En net 48 uur later het vermoedelik dieselfde roofbende teruggegaan na die plaas toe en die plek leeggedra.

Volgens Jacques du Toit, uitvoerende hoof van Vox Telekom, het sy seun en vyf studentemaats vir ’n paar dae op die plaas gaan uitspan nadat die universiteit weens Covid-19 gesluit is.

Net voor 20:00 Maandagaand was hulle by die lapa besig om te braai toe ses mans skielik uit die bosse gestorm het.

“Een van hulle het dadelik ’n skoot afgevuur wat een van die mans in die been getref het.

“Die koeël is deur sy been en het ’n vrou ook in haar been getref.”

‘Stuur mense, hulle skiet die kinders.’

Daarna het rowers al ses hardhandig met draad vasgebind. In ’n stadium het een van die rowers ’n vuurwapen teen Du Toit se seun se kop gehou.

“Hy het vir hom gesê hulle gaan hulle nie seermaak nie,hulle wag vir sy pa. Dit het my seun erg getraumatiseer.

“ ’n Mens verstaan nie die trauma waardeur hierdie mense is nie. Vir alle praktiese doeleindes is hulle nog kinders,” sê Du Toit.

Du Toit sê sy plaasvoorman, Robert Makhuru, het waarskynlik die jong mense se lewens gered toe hy kom ondersoek instel het.

“Hy was in sy kamer in die huis toe hy die lawaai hoor.

Die man en vrou wat die afgelope Maandag in ’n mislukte plaasaanval met dieselfde skoot gewond is. Hul gesigte op die foto is deur hul ouers vir veiligheidsredes verbloem.

“Toe hy uitgaan om te kyk wat aangaan, het hy en die rowers mekaar gewaar. Robert het weggehardloop en in die bosse gaan lê om my te bel.”

Terwyl die rowers in die donker na hom gesoek het, het die dapper Makhuru nie ophou bel nie.

“Hy het kort oproepe in sinne gemaak soos ‘Stuur mense, hulle skiet op die kinders,’ en dan lui hy af. En dít terwyl die rowers na hom gesoek het,” sê Du Toit.

Die plaaswag, Tarentaal Veiligheid-gemeenskapsforum, het dadelik gereageer.

“Ek het 20 minute van Pretoria tot by die plaas gery. Teen die tyd wat ek daar aangekom het, was al die omgewing se toegangspaaie gesluit,” sê Du Toit.

Die koeël sit nog vas in die been van ’n vrou wat die afgelope Maandag in ’n mislukte roof op ’n plaas naby Cullinan geskiet is.

Teen daardie tyd het rowers alles gevat wat hulle kon steel – selfone, beursies, selfs die plaas se kragopwekkers – en met dit agter­in Du Toit se Land Cruiser in die veld in gery.

Danksy die blokkades kon hulle vermoedelik nie verder kom nie.

“Hulle het Woensdagoggend omtrent 02:00 weer toegeslaan. Hierdie keer het hulle die plek behoorlik geplunder,” sê Du Toit.

Hy sê alles, van die plaas se klein trekkers tot gordyne, is gesteel.

“Hulle het kruiwaens gebruik om goed soos die mikrogolf die 300 tot 400 m hek toe te stoot. Die kragopwekker wat hulle Maandagaand probeer steel het, is dié keer gesteel,” sê Du Toit.

Die twee gewondes is reeds uit die hospitaal ontslaan.

“Die dokters het besluit om die koeël in die meisie se been te los, maar die ouers gaan ’n tweede opinie kry,” sê Du Toit.

Meer oor:  Cullinan  |  Aanval  |  Roof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.