Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
RTMC vra dat dronkes 7 dae moet sit

Die voorstel van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) dat mense wat dronk bestuur vir sewe dae agter tralies moet bly, word deur die Gautengse Drankraad gesteun.

Die RTMC het onlangs ’n voorstel aan die departement van justisie en korrektiewe dienste gemaak dat die Strafproseswet gewysig moet word sodat dronkbestuurders groter gevolge vir hul dade sal moet dra.

Raymond Martin van die Gautengse Drankraad het Dinsdag in Johannesburg gesê hulle steun dié voorstel.

Hy het dit gesê as deel van ’n bewusmakingsveldtog om motoriste te maan om nie dronk te bestuur in die Kerstyd nie.

Volgens Martin neem die aantal dronkbestuurders jaarliks op die provinsie se paaie toe.

In die 2017-'18-boekjaar is meer as 33 000 mense op Gautengse paaie weens dronkbestuur in hegtenis geneem.

Rapport het berig die wet bepaal nou dat dronkbestuurders wat in hegtenis geneem word, binne 24 uur om borgtog kan aansoek doen.

Die RTMC se voorstel aan die departement van justisie en korrektiewe dienste is om die wet te wysig sodat mense wat weens dronkbestuur in hegtenis geneem word, vir sewe dae in aanhouding moet bly voordat hulle in ’n hof om borgtog kan aansoek doen.

Die departement van justisie en korrektiewe dienste kan nog nie ’n aanduiding gee wanneer daar na hierdie voorstel van die RTMC gekyk sal word nie.

Die Justice Project SA, ’n nieregeringsorganisasie, sê motoriste is geregtig op regsverteenwoordiging van hul eie keuse wanneer hulle vir enige oortreding in hegtenis geneem word.

Intussen word swaar verkeer vanaf Vrydag op die N1-hoofweg, noord en suid in Limpopo verwag met die aanvang van die vakansietyd.

Makoma Makhurupetje, LUR vir vervoer in Limpopo, sal Vrydag by die Kranskop-tolhek buite Modimolle (Nylstroom), die provinsie se bewusmakingsveldtog, dat motoriste versigtig moet bestuur, van stapel stuur.

Daar was sedert Oktober etlike gru-ongelukke waarin talle mense dood en beseer is op dié gedeelte van die N1-hoofweg buite Modimolle.

Meer oor:  Rtmc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.