Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rubberkoeëls vlieg in Hermanus

Rubberkoeëls en traangas is oornag in Zwelihle, Hermanus, afgevuur terwyl onrus opgevlam het oor bewerings dat ’n plaaslike gemeenskapsaktivis in hegtenis geneem gaan word.

Kol. Luthando Nosilela van die Hermanus-polisie sê die gebied is “plofbaar maar onder beheer” terwyl alle wetstoepassingsagentskappe op die toneel is en versterkings ontbied is.

Hy sê die protes het uitgebreek nadat ’n memorandum aan die polisie oorhandig is om die klagte teen Gcobani Ndzongana van Zwelihle Renewal terug te trek.

Die betogers beweer klagte van aanhitsing tot geweld en die verwoesting van staatseiendom is teen hom aanhangig gemaak.

Nosilela sê die polisieondersoek duur voort, maar daar is nog geen klagte teen Ndzongana nie.

“Ons het geen verdere inligting nie en neem nie mense op grond van emosie in hegtenis nie. Ons doen dit op grond van feite.”

Die groep beskuldig die polisiekantoor van wanbestuur – wat Nosilela sê ongegrond is – en dring aan dat die minister van polisie hulle toespreek.

Die betoging het uitgebreek nadat hul eise oorhandig is, waarna die polisie rubberkoeëls en traangas afgevuur het.

Woensdagoggend het betogers paaie versper en bande gebrand, terwyl voorvalle van klipgooi ook aangemeld is.

Daar is glo drie groepe van sowat 1 000 mense wat betoog, met meer inwoners wat gemobiliseer word.

Valerie Pungupungu, wyksraadslid van Zwelihle, het aan News24 gesê mense wat nie aan die betogings deelgeneem het nie, het binneshuis gebly terwyl die onluste oornag voortgeduur het.

Die provinsiale gesondheidsdienste het Woensdag gesê die dagsentrum vir die gemeenskap in Hermanus is weens die betogings gesluit en “sal hopelik” Donderdag heropen.

Pasiënte is verwys na die naaste klinieke en die Hermanus-hospitaal vir noodgevalle.

- News24

Meer oor:  Hermanus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.