Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rudi Claase se suster met mes gedreig, beroof

Die Afrikaanse sanger Rudi Claase se suster is Maandag buite haar woonstelkompleks in Centurion aangerand, met ’n mes gedreig en beroof toe sy haar pos wou gaan uithaal.

Rudi Claase
Rudi Claase Foto: Facebook

Anzel Visser (42) vertel hoe die vier mans haar silwerarmbande van haar arm af geforseer het en haar kettinkie van haar nek afgeruk het.

“Dit het alles so vinnig gebeur. Toe ek weer sien, lê ek op die grond,” sê Visser. “Die een wat bestuur het, het uitgespring met ’n mes in sy hand. Hy het geskree ‘shut up, ek sny jou keel af!’.”

Die mans het haar silwerjuweliersware, wat ’n geskenk van haar ma was en baie werd is, afgeruk. Die armbande het haar gesny toe hulle dit afruk.

“Ek het ’n diep sny aan my duim, en die ketting het my nek gesny. Ek verstaan nie hoekom hulle dit gebreek het nie.”

’n Tuinwerker wat in die kompleks, C’est La Vie in Clubview, Centurion, werk, het die stoeiery gesien en begin skree.

Anzel Visser
Anzel Visser (42) Foto: Verskaf

“Ons het al twee geskree. Hy het die mans se aandag afgetrek. Hy het die hek van die kompleks oopgemaak en toe jaag hulle weg.”

Visser sê dat ’n ander vrou toe by haar stilgehou het en gesê het dat sy alles gesien het.

“Sy het selfs ’n foto van die motor en die nommerplaat geneem. Dit was ’n grysblou Chevrolet Aveo. Ons het later gehoor die kar is geregistreer in die naam van iemand in Soshanguve,” sê Visser. Soshanguve is ’n township buite Pretoria.

Visser is nou by Claase en haar ma terwyl sy genees en die trauma verwerk. “Hulle bied my regtig baie ondersteuning. Dit is ongelooflik, ek is baie dankbaar daaroor,” sê sy.

Claase het Dinsdag op Facebook oor die voorval geskryf en gesê hy is in ’n “toestand”.

“Wat word van ons land! Dankie Here dat sy leef. Sy is hospitaal toe gejaag. Wat sou ek sonder haar doen! Ek is in skok en vreeslik kwaad. Here, maak my kalm!”

Meer oor:  Rudi Claase  |  Centurion  |  Gewapende Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.