Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rugbybaas se bakkie, dokumente teruggekry
André Rademan, nuutverkose president van die OP Rugbyunie. Foto: Werner Hills

Die nuwe OP-rugbyhoof se bakkie is Maandagmiddag verlate, maar met al sy dokumente nog daarbinne, teruggekry.

André Rademan, nuutverkose president van die OP Rugbyunie (OPRU), is Maandagoggend vroeg deur twee gewapende mans van geld en sy Chevrolet-bakkie beroof.

Rademan het Maandagoggend gesê sy nuwe pos as rugbyhoof hou hom te besig om oor die voorval te tob.

Rademan is Saterdag in Port Elizabeth verkies as die man wat die bestuur van die unie by Monde Tabata, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se administrateur, sal oorneem.

“Ek het vier vergaderings Maandagoggend gehad, so ek het ná die voorval dadelik met my dag aangegaan,” sê Rademan. “Daar is te veel ander dinge wat gedoen moet word.”

Ek het eintlik die rowers gevra of ek darem my dokumente kan vat, maar toe is hulle weg met die bakkie.
André Rademan

Hy sê hy was wel “bekommerd” oor dokumente wat saam met sy bakkie gesteel is.

“Ek voel eintlik die slegste oor die dokumente wat op die voorste sitplek gelê het en wat vir my gegee is in my nuwe amp as rugbyhoof. Ek het eintlik die rowers gevra of ek darem my dokumente kan vat, maar toe is hulle weg met die bakkie,” sê Rademan.

Maar die bakkie met sy dokumente daarbinne is Maandagmiddag in KwaZakhele gevind.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die bakkie is kort ná 14:00 verlate in Sompontshastraat deur die polisie gevind.

Die polisie het Maandagoggend vroeg met ’n soektog na die bakkie begin nadat Rademan omstreeks 07:20 deur ’n groep gewapende mans oorval is.

Rademan het vertel dat hy en ’n werknemer kort ná 07:00 by sy vulstasiewinkel in Struandale beroof is. “Toe ons by die deur instap was daar twee mans agter ons. Hulle het ons met vuurwapens gedreig en geld geëis.”

Rademan is ook gedwing om die kluis oop te sluit. Daarna het die rowers sy bakkie se sleutel geëis en vyf mans het daarmee gevlug.

Janse van Rensburg het Maandagmiddag gesê die polisie is nog na die vyf mans, waarvan drie hulself as klante voorgedoen het, op soek.

Meer oor:  André Rademan  |  Port Elizabeth  |  Bakkie  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.