Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rustenburg het meeste misdaad in Noordwes

Die Rustenburg-omgewing is die gevaarlikste deel van Noordwes, blyk uit die polisie se jongste misdaadstatistiek.

Dit is in verskeie misdaadkategorieë onder die 30 gebiede landwyd waar verskillende misdrywe die meeste voorkom.

Dit geld seksuele misdrywe, wat met 15% toegeneem het, algemene rooftogte wat met 13,7% toegeneem het, asook

poging tot moord, kontakmisdrywe (soos moord en aanranding), roof met verswarende omstandighede, nie-huishoudelike rooftogte, brandstigting, eiendomsverwante misdrywe en transitoroof.

Gevalle van aanranding het in Rustenburg van 364 tot 414 toegeneem. Brandstigting het van een voorval in die voorafgaande tydperk tot 23 gevalle in 2017-’18 gestyg.

Nie-huishoudelike rooftogte het met 12% afgeneem.

Transitorooftogte in die provinsie het van net vier in 2016-’17 tot 23 verlede jaar met 475% toegeneem.

Dis die misdryf wat persentasiegewys die afgelope boekjaar verreweg die meeste in dié provinsie gestyg het.

Transitorooftogte het hoofsaaklik in die Rustenburg-omgewing voorgekom.

Rustenburg en Phokeng (’n township naby Rustenburg) is op die lysie van 30 polisiekantore landwyd waar die meeste transitorooftogte in die afgelope boekjaar voorgekom het.

In Rustenburg was daar vier voorvalle teenoor geen in die vorige jaar nie. In Phokeng was daar ook vier transitorooftogte, teenoor die vorige boekjaar se een. Die N4-hoofweg loop deur Rustenburg.

Die Jouberton-township langs die N12-hoofweg naby Klerksdorp is ook onder die 30 gebiede landwyd waar die meeste transitorooftogte voorgekom het. Daar was vier voorvalle teenoor een in die vorige boekjaar.

Johan de Klerk, voorsitter van AfriForum se buurtwag in Rustenburg, het Dinsdag gesê eiendomsverwante misdrywe, soos inbrake by huise en diefstal uit erwe, is so algemeen dat hy dink meer as 50% daarvan word nie eens aangemeld nie.

Meer oor:  Rustenburg  |  Noordwes  |  Misdaadstatistieke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.