Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ryan gevind ná hy in pa se motor gekaap is

Ryan Meyers (34), die downsindroomlyer wat Woensdag in sy pa se motor gekaap is, is Donderdag ongedeerd naby die Cofimvaba-hospitaal om dié dorp in die Oos-Kaap gevind.

Asanda Magqaza, polisielid, het Donderdagoggend van nagskof af gekom en was op pad huis toe, toe sy Ryan naby die hospitaal sien ronddwaal het.

Asanda Magqaza saam met Ryan Meyers nadat sy hom naby ’n hospitaal in die Oos-Kaap gevind het.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, sê Magqaza het stilgehou toe sy agterkom dat die persoon naby die hospitaal Ryan se beskrywing pas.

“Hy was nat en koud. Die polisiebeampte het hom na die hospitaal geneem waar hy dadelik behandeling ontvang het.”

Volgens Govender het Magqaza haar stasiebevelvoerder ingelig dat sy Ryan by die hospitaal afgelaai het.

“Toe die stasiebevelvoerder by die hospitaal aankom het hy ’n baie gelukkige Ryan daar aangetref.

“Ryan het drukkies aan almal uitgedeel.”

Ryan se pa, Floyd Meyers, en van sy familielede wat saam met die polisie na hom gesoek het, was oorstelp van vreugde toe hulle hom sien.

Die polisie in die Oos-Kaap het Woensdag ’n soektog gelas toe Meyers se blou Mazda 3 in Cambridgestraat, Oos-Londen, gekaap is. Die motor was voor ’n motorbandeonderneming geparkeer en Ryan het in die motor bly sit terwyl sy pa by die onderneming ingegaan het. ’n Onbekende man het toe ingeklim en met Ryan in die motor weggery.

Govender sê die motor en die kaper is steeds soek.

  • Enigeen met inligting word versoek om die polisie by 08600 10111 te bel.
Meer oor:  Cofimvaba-Hospitaal  |  Ryan Meyers  |  Oos-Kaap  |  Downsindroom  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.