Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ryloper wat bestuurder glo skiet Vrydag in hof

’n Ryloper wat na bewering ’n man doodgeskiet het wat hom Maandagaand ’n saamrygeleentheid gegee het, verskyn Vrydag in die landdroshof in Blue Downs, Kaapstad, op aanklag van moord.

Die man is Dinsdagaand by ’n huis in Scottsville, Kraaifontein, in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Die toneel Maandagaand in Brackenfell waar ’n motor deur ’n huis se muur gebars het. Foto: Titanium Securitas/Facebook

Titanium Securitas, ’n veiligheidsmaatskappy, skryf op hul Facebook-blad dat een van hul lede kort ná 22:50 ’n oproep van ’n voorval op die hoek van Frans Conradie- en Vygiestraat in Brackenfell gekry het.

“Onbewus van die aard van die voorval, het ons verskeie voertuie uitgestuur.”

Op die toneel gekom, het hulle ’n voertuig aangetref wat deur ’n huis se muur gebars het.

“Ons het twee passasiers met beserings gekry wat buite die voertuig lê. ’n Man was in die voertuig en het geen teken van lewe getoon nie. Die twee beseerde passasiers is op die toneel deur nooddienspersoneel behandel en is na ’n nabygeleë hospitaal geneem.”

Een van die paramedici wat op die toneel was, sê een van die passasiers het aan hulle gesê dat sy, die ander vrou in die voertuig en die bestuurder ’n man ’n saamrygeleentheid gegee het.

“Die ryloper het hulle glo probeer beroof en het die man wat bestuur, geskiet. Hy het beheer oor die voertuig verloor en in ’n huis se muur vasgery. Die verdagte het toe gevlug.”

Titanium Securitas sê op hul Facebook-blad ’n inwoner van die omgewing het gesê dat hy harde geluide gehoor het wat vir hom soos skote geklink het en daarna ’n harde lawaai wat soos ’n motorongeluk geklink het.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Van Wyk sê die vermeende skieter (25) is Dinsdagaand na uitstekende speurwerk deur speurders van die Brackenfell-polisie by ’n huis in Scottsville, Kraaifontein, in hegtenis geneem.

Meer oor:  Kaapstad  |  Doodgeskiet  |  Bestuurder  |  Moord  |  Hofverskyning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.