Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
SA een van onveiligste lande ter wêreld – indeks

Suid-Afrika is aangewys as een van die gevaarlikste lande ter wêreld, volgens die jongste Global Peace Index.

Uit 163 lande, waar nommer een die veiligste land is, neem Suid-Afrika die 127ste plek in, wat dit die 37ste onveiligste land op die lys maak.

Volgens die studie is moord en voorvalle van gewelddadige misdaad baie algemeen in Suid-Afrika, wat bydra tot sy lae posisie op die lys.

Ook gewelddadige protesoptogte, toegang tot wapens en politieke angs is van die faktore wat die land onveilig maak, volgens die navorsers.

Die indeks meet die gemiddelde vlak van globale vrede, en dit het verlede jaar (toe opnames gedoen is) net effens verbeter. Dit was die eerste keer dat die indeks ’n verbetering gewys het in die afgelope vyf jaar. Die gemiddelde telling per land het met -0.09% verbeter, met 86 lande wat verbeter het en 76 wat versleg het.

Grafika

Ysland is steeds, sedert 2008, die vreedsaamste land ter wêreld. Ook Nieu-Seeland, Oostenryk, Portugal en Denemarke is bo-aan die lys. Bhoetan is die land onder die top-20 waar sake die meeste verbeter het, en het met 43 plekke opgeskuif gedurende die afgelope 12 jaar.

Afganistan vervang Sirië as die mins vreedsame land in die wêreld. Sirië is nou tweede laaste op die lys. Suid-Soedan, Jemen en Irak is ook onderaan die lys. Dit is die eerste jaar sedert die begin van die indeks dat Jemen so laag op die lys is.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Veiligheid  |  Peiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.