Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
SA, Interpol-lidlande werk saam teen dwelmkartels

Suid-Afrika vra vir deurlopende samewerking en die uitruiling van inligting en hulpbronne met Interpol se lidlande om dwelmkartels te beveg.

Die inligting het aan die lig gekom op Interpol se tweede konferensie oor wêreldwye dwelms en dwelmhandel wat van 17 tot 19 September in Kaapstad gehou is.

Op die konferensie is nuwe en ontluikende vorms van georganiseerde misdaad, kubermisdaad en nuwe psigoaktiewe middels onder meer bespreek.

Meer as 400 afgevaardigdes van 100 van Interpol se 194 lidlande het die konferensie bygewoon, luidens ’n polisieverklaring.

Interpol se eerste konferensie oor dwelms en dwelmhandel is verlede jaar in April in Toledo, Spanje, gehou.

Volgens die verklaring is die oorlog teen dwelms en ander transnasionale misdade ’n topprioriteit vir Suid-Afrika en die wêreld. Die toename in dwelmgebruik en -handel is wêreldwyd ’n groot probleem is.

Interpol se tweede konferensie oor wêreldwye dwelms en dwelmhandel is van 17 tot 19 September in Kaapstad gehou. Foto: Facebook/South African Police Service

Die aantal dwelms waarop wêreldwyd beslag gelê word, raak al hoe groter, wat beteken dat die mark vir die middels ook groei.

Op die konferensie is ook gekyk na nuwe neigings en patrone in dwelmhandel, virtuele geldeenhede wat gebruik word in dwelmhandel, narkotika-handel, nuwe psigoaktiewe middels en die “donker internet” (dark web) as ’n markplek vir dwelms en smokkelary.

Suid-Afrika het gevra vir deurlopende samewerking en die uitruiling van inligting en hulpbronne met lidlande om dwelmkartels te beveg. Verteenwoordigers het hulle ook daartoe verbind om dwelmnetwerke wêreldwyd te vernietig.

Kim Jong Yang, Interpol se president, het gesê onwettige dwelmhandel wêreldwyd is kompleks. Dit ontwikkel deurentyd met die hulp van tegnologie soos sagteware wat met kodetaal werk, asook die “donker” internet.

Volgens genl. Khehla Sitole, Suid-Afrika se nasionale polisiekommissaris, kan dwelmhandel gestuit word deur goeie samewerking.

“Ons gemeenskappe is in die greep van andere wat dwelms gebruik, dwelms verkoop en diegene wat dwelms vervaardig. Dwelmmisbruik vernietig daagliks gemeenskappe. Dit verkort jong mense se lewens en veroorsaak dat hulle nie ’n bydrae tot die samelewing kan maak nie. Gemeenskappe en die hele wêreld is egter keelvol en sê genoeg is genoeg,” sê hy.

Op die konferensie is onder meer ooreengekom om die verskuiwing van dwelms oor grense heen te keer, om kapasiteit te bou om dwelmhandel te keer, intelligensie oor dwelms en inligting oor dwelmbase te deel, soos hul geldsake, en ’n stelsel daarvoor op die been te bring, en operasies oor landsgrense heen uit te voer.

Meer oor:  Interpol  |  Dwelmkartels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.