SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
SA man in Sydney voorgekeer ná kokaïenvonds

’n Suid-Afrikaner van Edenvale aan die Oos-Rand is in Sydney in hegtenis geneem weens die invoer en besit van 70 kg kokaïen ter waarde van sowat $34 miljoen.

Paul Shannon Finlayson (45) is reeds borgtog geweier en sal Vrydag weer in die hof in Campbelltown verskyn. 

Die 61 pakkies kokaïen wat na Sydney verskeep is, is vroeër vandeesmaand op die Botany-terminaal deur X-straaltegnologie opgespoor.

Finlayson het Maandag in Australië aangekom om sy "produkte" te kom afhaal, toe hy voorgekeer is.

Hy is volgens The Sydney Morning Herald deel van ’n dwelmsmokkelnetwerk van Suid-Afrika na Australië.


Meer oor:  Sydney  |  Kokaïen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.