Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
SA man vas wat in VSA gesoek is oor molestering

’n Suid-Afrikaner wat in Amerika gesoek word weens kindermolestering, het Woensdagaand daarheen teruggekeer.

Barrett Preston Busschau

Lede van die federale speurdiens, die FBI, het Barrett Preston Busschau (43) ingewag toe hy in die deelstaat Oregon aangekom het waar hy teregstaan op die aanklagte.

Busschau word sedert 1993 gesoek nadat hy na bewering vyf meisies van tussen tien en 15 jaar seksueel gemolesteer het.

Hy was toe 18 jaar oud.

Sy beweerde misdade sluit in seksuele penetrasie met ’n vreemde voorwerp, seksuele mishandeling, sodomie en verkragting.

Busschau het uit Amerika gevlug nadat hy in hegtenis geneem en op borgtog vrygelaat is, maar die FBI het vroeër vanjaar ’n sosialemediaveldtog in Suid-Afrika begin en ’n beloning van $10 000 uitgeloof om hom vas te trek.

Hy was ook op die FBI se lys van mees gesoekte oortreders.

Busschau, wat in 1975 in Johannesburg gebore is, het in 1984 na Amerika verhuis en in 1989 Amerikaanse burgerskap gekry.

Meer oor:  Sa  |  Vsa  |  Kindermolestering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.