Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
SA pa wis niks van seun se ‘dwelmhandel’ in Australië

Hy weet niks van sy seun se beweerde bedrywighede nie, het die pa van ’n Johannesburger wat in Australië weens die beweerde onwettige invoer en besit van honderde miljoene rande se kokaïen in hegtenis geneem is, gesê.

Paul Finlayson (45), wat Dinsdag in hegtenis geneem is, het nog nie borgtog gekry nie. Sy saak is tot Vrydag in die hof in Campbelltown aan die buitewyke van Sydney uitgestel.

Die Suid-Afrikaner Paul Finlayson is in Australië weens beweerde dwelmhandel in aanhouding. Foto: Facebook

Sy pa, Mike, sê hy is geskok oor sy seun se inhegtenisneming. “Ek weet nog nie hoe om die saak te benader nie. Ek het nog nie eens self met my seun gepraat nie. Ek is seker hulle het sy selfoon gevat,” sê hy.

Hy wou egter niks meer sê totdat hy regsadvies ingewin het nie.

The Sydney Morning Herald berig 61 pakkies kokaïen wat na Sydney verskeep is, is vroeër vandeesmaand in die hawe van Port Botany, ’n voorstad van Sydney, deur middel van X-straaltegnologie opgespoor. 

Die dwelmmiddels ter waarde van sowat A$32 miljoen (meer as R324 miljoen) was glo in meubels versteek.

Die dwelmmiddels was na bewering op pad na ’n fabriek in Campbelltown.

Na wat berig word, het Finlayson Maandag in Australië aangekom om na bewering sy produkte af te haal.

Die koerant berig dat hy na bewering deel van netwerk is wat dwelms van Suid-Afrika na Australië smokkel.

Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, sê die polisie in Australië het die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissie in Canberra oor die arrestasie ingelig.

Die Kommissie sal raadgewende hulp aan Finlayson gee.

Meer oor:  Paul Finlayson  |  Australië  |  Johannesburg  |  Dwelmhandel  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.