Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Saak ondersoek ná gevangenes bewaarder aanval

’n Voorval waar ’n tronkbewaarder van die Pollsmoor-gevangenis verskeie kere met ’n skerp voorwerp gesteek is, word deur die departement van korrektiewe dienste (DKD) ondersoek.

Die voorval het verlede Saterdag plaasgevind.

Na berig word, het Simphiwe Xako, die DKD se Wes-Kaapse woordvoerder, glo gesê 50 gevangenes het die bewaarder aangeval.

“Hierdie inligting is verkeerd. Die amptelike verslag wat ons van die gevangenis gekry het, bevestig dat dit ’n groep van sowat vyf gevangenes was wat die bewaarder aangeval het,” sê Singabakho Nxumalo, nasionale woordvoerder van die DKD.

Volgens hom was dit verhoorafwagtende gevangenes wat die aanval beplan en uitgevoer het.

“Die departement is baie bekommerd oor die voorval, omdat dit beplan was.”

Die bewaarder is hospitaal toe geneem, maar is intussen ontslaan en sterk by die huis aan.

“Die voorval word ondersoek nadat dit ook by die polisie aangemeld is.”

Nxumalo sê die gevangenes is almal geïdentifiseer en van mekaar geskei.

“Die departement waarborg dat die nodige stappe teen die aanvallers gedoen word. Die polisieondersoek sal ook dien as ’n afskrikmiddel sodat ander gevangenes nie soortgelyke misdade pleeg of beplan nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.