Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Student met R10 m. se dollar-note van vlug afgehaal
Van die bondels geld wat bykans R10 miljoen beloop en op die O.R. Tambo-lughawe in die rugsak van ’n student, wat na Hongkong onderweg was, gevind is. Foto: Verskaf

’n Suid-Afrikaanse student is Dinsdag op die O.R. Tambo-lughawe buite Johannesburg met Amerikaanse dollar-note ter waarde van bykans R10 miljoen in haar rugsak aangekeer.

Die pakke note, wat in $50- en $100-bondels in plastieksakkies verpak was, is ontdek in haar handbagasie oomblikke voordat die vliegtuig sou opstyg.

Die vrou was na Hongkong op pad toe beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) haar met haar rugsak van die vliegtuig gaan afhaal het.

Sy het aanvanklik ontken dat sy valuta in haar besit het, maar nadat sy ondervra is, het sy erken dat sy $650 000 by haar het. Die kontant behoort nie aan haar nie, het sy gesê. Sy wou egter nie sê aan wie die geld behoort nie.

Doeanebeamptes het ’n strafregtelike klag van valuta-smokkeling en die versuim om dit te verklaar by die plaaslike polisiekantoor ingedien.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.