Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sak met vuurwapens langs N2 by Swellendam gekry

Die polisie het Maandag op ’n swart sportsak met wapens en ammunisie langs die N2 by Swellendam afgekom.

Niemand is nog in verband met die vonds in hegtenis geneem nie, sê sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder, by navraag.

Die vuurwapens – waaronder ’n R1-geweer – sal vir ballistiese toetse gestuur word, sê hy.

Die ammunisie wat in die sak was. Foto: Verskaf

Polisielede was omstreeks 18:30 besig om die gebied te patrolleer toe hulle inligting ontvang het dat ’n lid van die publiek ’n verdagte sak by Appelsbosch, ’n piekniekplek langs die pad, opgemerk het.

Die polisie het die sak daar gevind en beslag gelê op een R1-geweer, ’n handwapen, 105 R1-patrone en drie 9 mm-patrone.

Dit is onbekend aan wie die sak behoort of hoe dit by die piekniekplek beland het. Die saak word ondersoek.

Volgens die polisie is dit belangrik dat mense verdagte optrede aanmeld. Dit help dat onwettige vuurwapens verwyder word uit die hande van misdadigers en dat gemeenskappe veilig kan voel.

Die vuurwapens wat in ’n sportsak langs die N2 in Swellendam gevind is. Foto: Verskaf
Meer oor:  Swellendam  |  Ammunisie  |  Wapens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.