Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sakeman en nog 3 steel glo R8 m. se treinspore

’n Sakeman van Stilfontein in Noordwes, sy broer en nog twee mense het glo treinspore ter waarde van sowat R8 miljoen gesteel.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke in die provinsie, sê Gerhardus Janse Van Vuuren (42), sy broer, Christiaan (35), Ellton Mostert (40) en Mario Mulanga (40), is vasgetrek nadat die polisie ’n wenk gekry het.

“Die diefstal van treinspore is in Julie 2018 in die Orkney-omgewing aangemeld. Die polisie het onlangs inligting opgevolg en is na (Gerhardus) Janse van Vuuren se skrootmetaalonderneming in Stilfontein. Toe die perseel deursoek is, is treinspore wat meer as 130 000 kg weeg, glo daar gevind. Beslag is daarop gelê vir verdere ondersoek.”

Die vier mans is nie in hegtenis geneem nie, maar gedagvaar om Woensdag (3 Junie) in die landdroshof in Stilfontein te verskyn. “In so ’n geval is daar ook nie ’n borgtogverhoor nie, maar as hulle versuim om te verskyn, sal hulle in hegtenis geneem word,” sê Rikhotso.

Die mans word van die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur en diefstal van ysterhoudende metaal aangekla. Die saak is intussen tot 1 Julie uitgestel, wanneer hulle in die streekshof in Klerksdorp moet verskyn, sê Rikhotso.

Meer oor:  Stilfontein  |  Noordwes  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.