Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sakeman in Kaapstad ontvoer

’n Sakeman is Maandag by sy onderneming in Epping, Kaapstad, ontvoer.

Noor Mohammed Karriem, eienaar van Giant Hyper, is omstreeks 10:45 ontvoer, sê lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder.

Die onderneming is ook bekend as Giant Cash & Carry.

“Die omstandighede rondom die ontvoering word ondersoek nadat die 64-jarige sakeman vanoggend gewelddadig uit sy onderneming in Epping verwyder is.”

Traut sê geen besonderhede kan in dié stadium bekend gemaak word nie.

Die gemeenskapsaktivis Yusuf Abramjee het Maandag ook op Twitter oor Karriem se ontvoering geskryf.

“’n Kaapse sakeman is vanoggend ontvoer. Drie maande gelede is ’n sakeman in Bedfordview, Johannesburg, gevat. En voor dit is ’n sakevrou in Durban ontvoer. Almal is steeds vermis,” skryf Abramjee.

In 2018 is die sakeman Liyaqat Parker (65) van Plattekloof in Kaapstad ook ontvoer.

Vyf gewapende mans het Parker op die dag van sy ontvoering kort ná 08:30 in ’n silwerkleurige Hilux-bakkie ingedwing nadat hy in die parkeerterrein van die Foodprop Group- (FPG) eiendomsmaatskappy in Parow stilgehou het.

Parker is ná meer as twee maande vrygelaat.

Abramjee het toe getwiet dat daar ’n losprys vir Parker betaal is.



Meer oor:  Noor Mohammed Karriem  |  Kaapstad  |  Ontvoer  |  Sakeman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.