Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sakeman in swart BMW op M1 doodgeskiet

Die M1 in Johannesburg is Vrydagaand oopgestel nadat dit die middag ure lank gesluit was ná ’n skietvoorval waarin ’n sakeman dood is.

Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie, sê die lyk van ’n man en sy swart BMW is van die toneel by die Corlett-afrit verwyder.

“Die verkeer is steeds druk en motoriste moet Oxfordweg of Centrallaan as alternatiewe roetes gebruik,” het hy Vrydagaand laat gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

Yusuf Abramjee, ’n teenmisdaad-aktivis, het op Twitter gesê die man wat geskiet is, was aan ’n veiligheidsmaatskappy verbonde.

Die swart BMW waarin die man gery het toe op hom losgebrand is. Foto: Verskaf
Die M1 in Johannesburg was ure lank toe ná ’n skietery. Foto: Verskaf

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.