Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sakeman skiet glo verpleër in hospitaal, toe homself

’n Sakeman van Limpopo het Vrydagmiddag glo lukraak skote geskiet en toe op ’n verpleër in ’n hospitaal losgebrand voordat hy homself om die lewe gebring het.

Gedurende die skietvoorval by die Polokwane- provinsiale hospitaal is verskeie skote op die 32-jarige manlike verpleër geskiet.

Polokwane-hospitaal
Die Polokwane-hospitaal.

Die polisie het die sakeman as Thizwilonde Mochatau (36) van Thohoyandou geïdentifiseer.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het in ’n verklaring gesê die voorval het Vrydagmiddag omstreeks 17:30 gebeur nadat Mochatau van Venda na die hospitaal vervoer is vir mediese behandeling.

“Met sy aankoms by die hospitaal het hy ’n vuurwapen uitgehaal en lukraak begin skiet in die hospitaalsaal. Daar is verskeie kere geskiet op ’n manlike verpleër wat aan diens was,” lui Ngoepe se verklaring.

Kort hierna is nóg ’n skoot in die saal gehoor. Mochatau is kort daarna in 'n plas bloed op die vloer van die hospitaalsaal aangetref. Die vuurwapen het langs hom gelê.

Ngoepe sê die polisie is na die toneel uitgeroep, waar die sakeman dood verklaar en beslag gelê is op die vuurwapen.

Die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat die vuurwapen gelisensieerd was en aan Mochatau behoort het.

Die motief vir die voorval was nie onmiddellik duidelik nie.

Daar sal ’n geregtelike ondersoek wees en ’n saak van poging tot moord word deur die polisie ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.