Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sakeman sterf in hospitaal ná marteling op plaas
Piet Els en Rikki Alsemgeest vroeër. Foto: Verskaf

’n Bekende sakeman van Kimberley, wat sedert Januarie ná ’n plaasaanval in die hoësorgeenheid in die Gariep Mediclinic behandel is, is Dinsdag in die vroeë oggendure dood.

Piet Els (86) het Dinsdag omstreeks 00:20 in die hoësorgeenheid van dié hospitaal gesterf. Rikki Alsemgeest (67), sy vriendin van die afgelope ses jaar, was langs sy bed toe hy dood is.

Els en Alsemgeest is op 24 Januarie vanjaar in die vroeë oggendure op Els se plaas buite Kimberley aangerand en met ’n strykyster gebrand om toegang tot die kluis te kry. Albei het veelvuldige beserings opgedoen. Hulle is geskop, geklap en met ’n pyp geslaan en van Els se toon­naels is uitgetrek. Els het ook kopbeserings opgedoen.

Alsemgeest sê Els se dood voel nog onwerklik, maar sy het berusting.

“Hy het rustig heengegaan. Daar was soveel vrede en dit het gelyk asof hy net slaap.”

Sy beskryf Els as ’n baie goeie mens wat soveel ander in nood gehelp het.

“Hy het baie vir ander mense gegee en gedoen, maar dit nooit uitbasuin nie. Dít was nie hoe hy was nie. Hy het dit uit sy hart gedoen.”

Dit was ses wonderlike, gelukkige jare.

Alsemgeest sê sy was bevoorreg om Els die afgelope ses jaar te ken.

“Dit was ses wonderlike, gelukkige jare.”

Sy sal veral sy geselskap en hul uitstappies in die veld mis.

Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.

* Els besit talle eiendomme en Alsemgeest besit Kimberley Cloth­ing.

Meer oor:  Piet Els  |  Kimberley  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.