Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sakeman voor vrou doodgeskiet

’n Sakeman en opkomende boer van Bloemfontein is Maandagaand in sy huis in Fichardtpark in ’n oënskynlike huisroof voor sy vrou doodgeskiet.

Ntau Lucas Mokoena (51), wat ook ’n taxibaas is, is omstreeks 21:35 deur twee gewapende mans oorval kort nadat hy by sy huis in Schnehagesingel aangekom het.

Die mans het glo vir hom in die badkamer gewag.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiehoof, sê die man het sy vrou in die hoofslaapkamer gekry en het na die toilet gegaan waar hy die twee aanvallers aangetref het.

Ntau Lucas Mokoena (51) is Maandagaand in dié huis in Schnehagesingel, Fichardtpark, in ’n huisroof doodgeskiet.Foto: André Damons

Netwerk24 verneem Mokoena se vrou het al geslaap, maar het wakker geword van die stryery tussen haar man en die aanvallers.

Mokoena is uit die badkamer na die slaapkamer gesleep waar sy vrou met dasse vasgebind is. Die mans het geld geëis voordat hulle hom voor sy vrou in die kop geskiet het.

Hy is later deur paramedici dood verklaar.

Die aanvallers het geld en drie selfone gebuit voordat hulle in Mokoena se Land Cruiser gevlug het. Die voertuig is later verlate in Lourierpark teruggevind. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Polisiebeamptes loop verby die huis in Schnehagesingel, Fichardtpark, waar Ntau Lucas Mokoena, ’n sakeman, doodgeskiet is.Foto: André Damons

Die egpaar se 11-jarige dogter was ook in die huis.

Mbambo sê dit is onseker hoe die mans toegang tot die huis verkry het.

Sy kon nie bevestig of dit ’n sluipmoord is nie en sê die motief is nog onbekend.

Klagte van moord, huisroof en motordiefstal word ondersoek.

Meer oor:  Ntau Lucas Mokoena  |  Fichardtpark
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.