Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Samaritaan’ ontvoer glo baba van paar dae oud

’n Vrou in Noordwes het glo ’n ander vrou se babadogter gesteel toe sy haar as ’n barmhartige Samaritaan voorgedoen het wat vir die ma warm skoene wou koop.

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê die polisie soek nou na die vrou wat verlede week verdwyn het met die baba van enkele dae oud.

Die 17-jarige ma van die meisie het op 14 Junie haar baba tuis in die Klerksdorp-omgewing gehad.

“Die baba is toe op 17 Junie in die Klerksdorp-hospitaal opgeneem om seker te maak sy is gesond en later die dag weer ontslaan,” sê Funani in ’n mediaverklaring.

“Toe die ma met haar baba by die hospitaal uitloop, het ’n vrou haar glo genader en aangebied om vir haar tekkies te koop omdat sy op die koue dag net plakkies gedra het.”

Die jong ma is saam met die ander vrou na ’n winkelsentrum, waar die vrou glo vir haar geld gegee het om die skoene te gaan koop.

Die vermeende ontvoerder het die baba by haar gehou om na haar te kyk terwyl die ma weg is. Toe die ma uit die winkel kom, was die ander vrou en haar baba skoonveld. Sy het die klag by die polisie ingedien en ’n saak van menseroof is geopen.

Volgens die polisie is die Tswanasprekende verdagte vermoedelik in haar vroeë 30’s. Sy is sowat 1,65 m lank en het ten tyde van die voorval ’n swart denim en pienk hemp gedra. Enigiemand met inligting kan sers. Kenny Ntshekane by 082 568 6909 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

Meer oor:  Noordwes  |  Ontvoer  |  Baba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.