Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Samaritaan red vrou naby Hermanus

’n Barmhartige Samaritaan wat Saterdagoggend gesien het hoe twee mans ’n vrou in haar voertuig langs die pad aanval, het Sondag gesê hy het net gedoen wat hy hoop enige ander mens sou doen.

Die voertuig waarin Riaan Loubsher se vrou Saterdagoggend op die R44 tussen Gansbaai en Stanford deur twee mans aangeval en beroof is. Foto: Facebook

“Ek was op pad in die rigting van Hermanus toe ek sien hoe twee mans langs die voertuig staan en aan die deure ruk.”

Sam van den Berg van Gansbaai sê hy het onmiddellik stilgehou en nader gehardloop toe hy die voertuig op die R44 tussen Gansbaai en Stanford in die Wes-Kaap sien staan.

Toe hy by die voertuig kom, het die twee mans weggehardloop en in ’n bakkie met ’n Oos-Kaapse registrasienommer geklim en weggejaag. Die vrou in die voertuig was egter reeds beseer.

Die mans het ook daarin geslaag om die vrou se handsak met haar selfoon in te steel.

Riaan Loubsher van Gansbaai het Saterdag op die Facebookblad “Wie maak vir Gansbaai Lekker” ’n inskrywing geplaas oor die aanval op sy vrou terwyl sy op pad na Hermanus was.

Van den Berg sê hy het omstreeks 07:20 op die toneel aangekom.

Volgens Loubsher se inskrywing het sy vrou se kar begin stoom van die hitte en het sy toe van die pad tussen Gansbaai en Stanford afgetrek.

’n Wit bakkie met ’n EC-nommerplaat het agter haar gestop en twee mans het uitgeklim en haar gevra of sy hulp nodig het. Een man het die deur probeer oopmaak om toegang tot die kar te kry. Maar sy het die deur gesluit.

Die ander het toe na die bakkie geloop om ’n baksteen te kry. Hy het die ruit aan die bestuurderskant met die baksteen uitgegooi en haar uit die kar probeer pluk.

Volgens Loubsher se inskrywing het daar gelukkig ’n ander voertuig verbygery en gestop. “Die mans het na hul bakkie gevlug en weggejaag.”

Hy het Sondag geskryf sy vrou se gesig is potblou, dat sy steke in haar gesig moes kry en dat haar neus gebreek is.

Hy bedank Van den Berg en sê as dit nie vir hom was nie, was sy vrou dalk nie meer hier nie.

Loubsher het Sondag op Facebook laat weet dat hy uit woede sy selfoon stukkend gegooi het.

Meer oor:  Stilbaai  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.