Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Samewerking vat transito-rooftogte vas’

Die SBV- veiligheidsmaatskappy sê hy en ander veiligheidsmaatskappye het kragte saamgesmee om ’n assosiasie met die fokus op die bekamping van transitorooftogte op die been te bring.

SBV sê in ’n verklaring die sukses van assosiasie sal afhang van die ondersteuning van individuele ondernemings.

Luidens die verklaring is ’n mylpaal in Junie 2018 bereik, toe groot Suid-Afrikaanse banke saamgewerk het om ’n gesamentlike projek te befonds om hulpbronne te deel en mekaar te ondersteun wanneer dit by die bekamping van transitorooftogte kom.

“Die afgelope 18 maande het dié poging bygedra tot ’n beduidende afname in transitorooftogte, met sommige maande waar daar so min as 14 voorvalle aangeteken is.”

Mark Barrett, hoof- uitvoerendebeampte van SBV, sê die maatskappy erken dat die noue werkverhouding regoor die land, tesame met die uitstekende ondersteuning van al die owerhede, die werknemers van SBV en die publiek ’n groot rol gespeel het om die situasie onder beheer te bring.

Netwerk24 het vroeër berig dat daar sedert die begin van die jaar byna een transitorooftog per dag aangemeld is. Daarvolgens was daar van 1 Januarie tot 19 Februarie vanjaar 45 rooftogte aangemeld – 26 daarvan in Gauteng.

SBV doen ’n beroep op mense wat kan help om transitorooftogte te bekamp deur hul vroeëwaarskuwings-rooftoglyn by 083 408 7029 te bel wanneer hulle enige verdagte aktiwiteite sien.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.